ASA Consultants Pty Ltd is ‘n spesialis migrasie maatskappy
gebaseer in Perth, Australie. Ons het al baie duisende mense hervestig van ooral
oor die werld na Australie en word geag as die voorste internasionale
agentskap.
Ons bied professionele, effektiewe en vriendelike advies en ondersteuning.
Voornemende immigrante word akkuraat beoordeel om seker te maak dat aansoek
gedoen word vir die korrekte visas wat aan ‘n klient se unieke persoonlike
behoeftes voldoen. Ons strewe ook daarna om die goedkoopste en vinnigste visa
opsie vir ons kliente te identifiseer. Ons is in staat om ons kliente in beide
Engels en Afrikaans te help, hetsy aanlyn, telefonies of in persoon. Ons het ‘n
hoe sukses rekord, omdat ons slegs aansoeke aanvaar wat aan die migrasie
vereistes sal voldoen. Ons sal dienooreenkomstig vir ’n voornemende klient
adviseer indien daar geen of beperkte kanse op sukses is.
Ons het personeellede wat self deur die proses van immigrasie was, wat ’n
belangrike bydrae lewer tot ons span se ervaring en insig tot die hele migrasie
proses, asook tot ons kliente se behoeftes. Ons het ook Australiese burgers op
ons personeel wat noodsaaklike plaaslike vaardighede en deskundigheid verskaf.
As jy resultate wil he, gekombineer met outydse persoonlike diens, is ASA die
antwoord vir jou. Vir ASA om die ekstra moeite te doen is nie ‘n plig nie, maar
‘n plesier - ‘n feit wat deur duisende mense ondersteun word wat deur die jare
suksesvol deur ons bygestaan is, oral oor die wereld.
Ons het ‘n hoogs gesofistikeerde en gevorderede IT sisteem. Alle verwerking
en kommunikasie met kliente word op 'n aanlyn kliente area gedoen. Die voordeel
vasn hierdie sisteem le daarin dat kliente self die vordering van hulle aansoek
kan nagaan, betalings kan maak, balansstate kan nagaan, kommunikeer en soveel
meer.
Ons het ‘n wye netwerk van kontakte en vriende deur die hele Australie wat
nuwe migrante aanvullend tot ons dienste, met hulle behoeftes kan bystaan.
Alhoewel ons in Perth gebaseer is, is ons in staat om ons kliente met hulle
migrasie behoeftes in alle state en gebeide in Australie by wyse van bogemelde
netwerk by te staan.
‘n Aansoek lei tot spanning en bekommernisse - ‘n feit wat ons terdee
waardeer en besef. Elke aansoek word deur ‘n toegewyde konsultant hanteer, wat u
kan bystaan by wyse van ons unieke internet gebaseerde kommunikasie area. Jou
konsultant word aangestel om na jou beste belang om te sien en jy kan kontak met
hom of haar maak byna 24 uur per dag om jou aansoek te bespreek, jou
troeteldiere, jou besigheid of enige ander verwante aangeleentheid.
ASA GROEP DIENSTE
Die ASA Groep van maatskappye is in staat om ons kliente by te staan met ‘n
volledige reeks dienste soos byvoorbeeld:
VOLLEDIGE VISA DIENS
Ons spesialiseer in permanente verblyf visa aansoeke, wat besigheid
vaardighede en vaardighede visas insluit, asook studente-, familie- en gade
visas. Ons is in staat om alle dienste te lewer ter ondersteuning van sulke
aansoeke.
BESIGHEIDS DIENSTE
Besigheidsvoorstelle en -planne vir besigheidsvaardigheids aansoeke, staat-
en regerings en hulp finansieele bystand, besigheidsondersoeke, volhoubaarheid,
besigheidsplanne vir klein besighede en korporasies, bestuursdienste soos om
byvoorbeeld die regte besigheid te identifiseer, reel van finansiering,
installasie van alle bestuurs sisteme (boekhou, personeel,begrotings ens) en
selfs om bestuurs spanne te reel om bystand te lewer met nuwe besighede van een
maand tot selfs vyf jaar in sekere gevalle.
WERKSGELEENTHEDE
Ons is in staat om migrante by te staan met soek van werksgeleenthede in
Australie.
AANKOMS DIENSTE
Ons reel die ontmoeting van migrante by lughawens indien benodig, persoonlike
assistente vir ‘n week, behuising, transport,skole, bankrekeninge ens.
DIE MENSE
Die ASA Groep het ‘n sterk internasionale span van ervare personeel,
deskundiges en konsultante insluitende:
- Australiese prokureurs en advokate
- Suid-Afrikaanse prokureur en advokaat
- Geregistreerde migrasie agente (MARA)
- Geoktroieerde rekenmeesters
- Belasting agente en adviseurs
- Ervare en gekwalifiseerde besigheidskonsultante
- Spesialis immigrasie konsultante
- Ondersteunings en administratiewe personeel
Ons maatskappy is ook geassosieer met professionele en betroubare
sub-kontrakteurs.
SUID AFRIKAANSE VENNOOTSKAPPE
Ons is in staat om ons kliente met vertroue na ons Suid-Afrikaanse vennote te
verwys, wat dienste op verskeie gebeide aanbied, soos byvoorbeeld inter alia
valuta beheer, menslike hulpbronne, belastig, internasionale hervestiging
(insluitende hervestiging van troeteldiere) en finansies en besigheid.
HOEKOMS ONS?
Ons kan nie aanbeveel dat mense hulle eie visa aansoeke behartig nie. Die
toepaslike Australiese wetgewing is uitgebrei en gekompliseerd. Baie van die
aansoeke word afgekeur, omdat kandidate nie die dokumentasie korrek voltooi nie.
U het potensieel net een kans op sukses. Verwerping van u aansoek kan tot
verpletterende gevolge lei, beide persoonlik en finansieel. In ons opinie is dit
eenvoudig net nie die moeite werd om met ‘n doen-dit-jouself aansoek voort te
gaan nie.
Ons ken die wette, die ingewikkelhede en toepaslike vereistes in die
voorlegging van ‘n immigrasie aansoek en is in die beste posisie om jou saak
saam te stel, voor te berei en voor te le aan die “Department of Immigration and
Citizenship” (DIAC). Ons Suid-Afrikaanse kantore sal jou kanse ontleed en die
regte visa moontlikhede identifiseer. Daarna stel ons al die dokumentasie saam,
wat dan per koerier na Perth gestuur word. Ons Perth kantoor maak op sy beurt
seker dat die regte inligting op u aansoek verskyn en dan dat die korrekte
dokumente ter ondersteuning aangeheg word.
‘n Wesenlike voorlegging (tot en met 120 bladsye) word saam met u aansoek
ingedien, waartydens ons elke aspek van die toepaslike wetgewing, regulasies en
prosedures aanspreek, asook die ondersteunende bewyse wat u verskaf het.
Daar is normaalweg baie kommunikasie en navrae met die DIAC nadat ‘n visa
aansoek ingedien is, meestal omdat daar so baie veranderinge van regulasies is
of omdat ‘n visa aansoek onderworpe is aan ‘n uitgebreide tydsraamwerk.
Ons hanteer al hierdie navrae en verteenwoordig jou totdat jou aansoek
goedgekeur is. Alle “Migration Agents Registration Authority” MARA agente moet
jaarliks intensiewe studies ondergaan om te sorg dat hulle kennis relevant bly
en dat hulle registrasie jaarliks hernu kan word. As ons foute maak of nie
daarin slaag om die streng vereistes wat deur die MARA daargestel is te voldoen
nie, word ons registrasie opgehef.
Dit is belangrik om daarop te let dat registrasie nie vereis word deur agente
wat buite Australie werksaam is nie. Baie van hierdie onwettige agente gee
advies beide binne en buite Australie. Hierdie “agente” is in meetse van die
gevalle gewetenloos en nie onderworpe aan enige beheerliggaam nie. Op hierdie
manier word ‘n klient se fondse nie verklaar of gereguleer op enige manier nie.
Verdere inligitng oor die MARA gedragskode is beskikbaar op www.themara.com.
Tipies sal hierdie “agente” nie verslag doen oor fondse ontvang, of jaarliks
hulle kennis op datum bring nie. Daar word ook ontstellend gereeld vergeet of
nagelaat om eise in te dien!
HANTERING VAN JOU BEHOEFTES
Voornemende migrante
Watookal u behoeftes as ‘n voornemende migrant is; ons kan jou help. Dit is
nie nodig om ons vir ‘n volledige diens aan te stel nie - u kan ons eenvoudig
kontak vir ‘n Face2Face konsultasie of enige van ons nasionale seminare bywoon,
wat van tyd tot tyd in die media adverteer word. Die keuse is u eie!
- Ons kan u omstandighede beoordeel
en en dan advies gee oor u opsies vir
migrasie na Australie per telefoon, faks, epos of “live chat”.
U kan verniet ons volledige reeks informasie naslaan wat u kennis gee oor
migrasie vereistes, beplanning, nuusbriewe, algemene vrae en meer op ons
webtuiste.
U kan op ons webtuiste registreer as ‘n klient en toegang verkry tot ‘n
gekeurde portefeulje met ekslusiewe inligting, gidse en ondersteunings dienste.
U kan kies om gebruik te maak van ons Premium Volledige Diens, ‘n alles
omvattende migasie diens.
U kan ons kenmerkende 1-2-3 gidse koop (slegs in Engels beskikbaar) om jou
aansoek maklik en korrek te hanteer.(Ons Platinum kliente kry hierdie gidse
verniet)
As ‘n besigheids migrant kan jy gebruik maak van ons besigheidsdienste om
jou te help om ‘n toepaslike en aanvaarbare besigheidsplan op te stel of om
Staats hlup te bekom.
Bekwame / professionele migrante kan gebruik maak van ons beroeps
beoordeling dienste, visa dienste of net eenvoudig om advies in te win en gidse
aan lyn te bekom.
Visa aansoeker
- U visa is reeds ingedien, maar u het ‘n vraag? Of u is gevra om verdere
inligting te verskaf en is onseker hoe om te antwoord. Of u het advies en hulp
nodig met werksgeleenthede, beplannig van u trek of het nodig om u netwerk in
Australie (e) uit te brei? Ons kan u help!
- Het u reeds u visa aansoek ingedien, maar u het ‘n advies of bystand nodig?
- Benodig u advies om u trek te beplan, finansieele sake, versekering,
vliegtuigkaartjies,werksgeleenthede of skole….
- Is dit vir u nodig om op datum te bly met die mees onlnagse veranderings in
die Migrasie Wetgewing?
Nuwe migrante
Noudat u in Australie aangekom het, moet u soek vir behuising, ‘n kar of
besigheid koop, ‘n skool vind of ‘n bank rekening oopmaak. Miskien het u
deskundige advies nodig met betrekking tot belasting, finansies, besigheid,
werk, of u het net eenvoudig ‘n helpende hand nodig om u touwys te maak.
- Benodig u ‘n vriend om u om die been te bring?
- Soek u ‘n kar, ‘n huis, besigheid of persoonlike finansies, veneering en
werks hulp?
- Is dit nodig dat u uitvind wat u visa u teolaat om te doen?
- Is dit nodig om aansoek te doen vir ‘n nuwe visa of om u bestaande visa te
verleng of op hersiening van ‘n visa besluit te gaan?
Australiese burgers en permanente inwoners
Wil u ‘n besigheid koop of het u finansiering nodig?
Is dit die regte besigheid vir u?
Wil u ’n huis koop?
Benodig u bemarkings advies of ander dienste vir u besigheid?
Benodig u beleggers of vennote vir u besigheid?
Watookal u behoeftes of navraag, ons is in staat om te help, advies te
verleen of ten minste u na een van ons wye netwerk van vennote te verwys.
KONTAK ONS
Indien u enige immigrasie verwante navrae het, is dit verkieslik dat u aanlyn
registreer, u profiel skep en dan met ASA kontak maak deur u kliente area. U kan
ook ‘n epos stuur aan Sa-info@asaconsultants.com.au
of skakel by kantore.